Skottelbraai

Den Vetten Bek

Kerrie en piesangpotjie

Kan op de skottelbraai gemaakt worden Ingredienten:

Braai vleis bruin in verhitte kookolie in 'n potjie totdat dit verkleur. Voeg ui en knoffel by en braai totdat ui deurskynend is. Strooi kerriepoeier oor en braai nog 'n paar minute.

Verhit aftreksel en appelkooskonfyt in 'n klein pannetjie en giet oor vleis. Geur met sout en peper, voeg tamaties en sultanas by, bedek en prut sowat 1 uur oor koel kole.

Voeg piesangs net voor opdiening by en herverhit effens. 6 porsies

Hoenderpotjie

Kan op de skottelbraai gemaakt worden Ingredienten:

Braai hoenderdye bruin in verhitte kookolie in 'n potjie. Voeg uie en knoffel by en braai totdat uie deurskynend is. Plaas lae wortels, patats, selderyen droëperskes oor en geur met sout. Verhit wyn, kaneel, lourierblare en peperkorrels saam in 'n klein pannetjie oor die vuur en giet oor hoender en groente. Bedek en prut sowat 1 uur oor koel kole totdat hoender sag is. Kontroleer hoeveelheid vloeistof in pot van tyd tot tyd en voeg nog by indien nodig. Verwyder pypkaneel, lourierblare en peperkorrels voor opdiening. 8 porsies naar bovenzijde pagina

Boontjie en pampoenpotjie

Kan op de skottelbraai gemaakt worden Ingredienten:

Plaas spekvleis in'n potjie oor warm kole en braai in eie vet tot bros. Verwyder uit potjie en hou eenkant. Braai platrib bruin in spek- vleisvet, voeg ui by en braai tot deurskynend.

Geur met sout, peper en neut en voeg lourierblare by.

Verhit wyn en vleisaftreksel saam in 'n klein pannetjie en giet vloeistof oor vleis

Bedek en prut sowat 3 uur oor koel kole totdat vleis amper sag is.

Rangskik boontjies, pampoen en spekvleis in lae oor vleis en prut nog 30 minute totdat groente gaar is.

Verwyder lourierblare voor opdiening. 6 porsies

Basiese hamburgers

Zowel voor BBQ als skottelbraai Ingredienten:

Meng al die bestanddele liggies met 'n vurk en vorm in koekies. R ooster sowat 12 minute of tot gaar oor matige kole. 8 porsies

VAriaties:

Kaasburgers: Rasper 60 g Cheddar-kaas en voeg by basiese mengsel.

Kruieburgers:

Voeg 15 ml (1 eetlepel) gekapte pietersielie, 15 ml(1 eetlepel) aangemaakte mosterd en 15 ml (1 eetlepel) suurlemoensap by die basiese mengsel.

Om die geur van die basiese hamburger te verbeter, voeg van die volgende by:

Om die burgerporsie verder te laat strek, voeg 125 ml (1/2 koppie) vars broodkrummels of kapokaartappels by.

Lamsvleiskoekies

Lamsvleiskoekies Ingredienten:

Meng al die bestanddele liggies met 'n vurk en vorm in koekies. Rooster sowat 12 minute of tot gaar oor matige kole. 8 porsies

Hoenderdye met heuningglanssous

BBQ en skottelbraai Ingredienten:

Voor de saus:

Geur elke hoenderdy met sout en peper en plaas dit op 'n stuk gebotterde foelie met blink kant na binne. Meng bestanddele vir glanssous en smeer oor hoender. Verseël pakkies goed en maak sowat 30 minute oor koel kole gaar. Sit hoender direk uit foelie met pikante sous voor. 4 porsies naar bovenzijde pagina

Hoender en groentepakkies

BBQ en skottelbraai Ingredienten:

Plaas elke hoenderporsie op 'n stuk gebotterde foelie met die blink kant na binne. Skep lae groente oor porsies en strooi sout en peper oor. Stip elke porsie met 'n klontjie botter, draai pakkies stewig toe en rooster sowat 40 minute tot die vleis sag en groente gaar is oor matige kole. Sit Mosterdsous (bladsy 87) saam met die hoender voor. 6 porsies

Aartappelslaa met appel en spekvleis

voor bij de BBQ en skottelbraai Ingredienten:

Kook aartappels sowat 25 minute in die skil tot sago Skil dan en sny in blokkies. Braai spekvleis tot bros en voeg by aartappels. Voeg fes van bestanddele be hal we appels en suurlemoensap by en meng liggies.

Die slaai kan tot op hierdie stadium vooraf berei en in die yskas gehou word. Om slaai klaar te maak, sny ongeskilde appels in dun wiggies en sprinkel suurlemoensap oor om verkleuring te voorkom.

Roer appels liggies in aartappelmengsel in. 10 porsies

Spinasieslaai en avokadoslaai

voor bij de BBQ en skottelbraai Ingredienten:

Giet kookwater oor spinasieblare, laat 2 sekondes staan en dreineer. Verfris blare in koue water, druk droog en voer 'n slaaibak daarmee uit.

Rangskik avokadoskywe op blare en strooi spekleis en amandels oor. Skud slaaisous goed en voeg net voor opdiening by slaai. 8 porsies naar bovenzijde pagina

Koolslaai

voor bij de BBQ en skottelbraai Ingredienten:

Kondensmelkslaaisous:

Meng bestanddele vir slaai liggies in 'n bak. Klits bestanddele vir slaaisous saam en giet oor slaai. voor 8 porties

Rysslaai met perskes

voor bij de BBQ en skottelbraai Ingredienten:

Meng perskes, soetrissie, okkerneute en agurkies. Voeg rys by en roer liggies in. Meng joghurt, mayonnaise, sout en peper en voeg byslaai. Strooi pietersielie oor. 8 porsies

Orange Moon

Orange sorbet Ingredienten:

Skottelbraai (laatst bewerkt op 2012-04-04 13:18:38 door LiesbethVanDerWorp)